Phone us: 031 903 8227

Die woonstel kan net 6 slaap, maar ons is 8, mag ons op die vloer bedmaak?

Ons mag net soveel mense in ‘n woonstel laat slaap as waarvoor daar beddens is.
Geen bedmakery op die vloere nie. Stel voor dat u 2 woonstelle huur, indien al ons 8bed geneem is.

Hoe ver is julle van die strand?

Ons is ongeveer 140m van die water af. Geen strate om oor te steek nie. Die hoofstrand is 5min van ons af.
Desember en Aprilvakansie doen die lewensredders diens reg voor Dromedaris.

Is daar DSTV in die gebou?

Daar is ‘n paar woonstelle wat wel DSTV in het, en u moet u kaart saambring.

Is daar n TV in woonstel?

“Ja al die woonstelle het tv’s in.”

Mag ek my hond of kat saambring?

Jammer geen troeteldiere word toegelaat nie!

Voorsien julle linne?

Ja die woonstelle het linne in.
Bring eie:-handdoeke, toilet ware, klerehangers en toiletpapier.
Sommige woonstelle het kluise in.
Waardevolle items kan in die kantoor se kluis toegesluit word.

Word die woonstelle gediens?

Nee, dit is selfsorg eenhede. Indien die woonstelle gediens sou moes word, beteken dit meer personeel en duurder tariewe.